Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 27:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here is my lig en my redding.Vir wie moet ek dan vrees?Die Here is my lewenstoevlug.Vir wie sal ek dan bang wees?

2. Wanneer bose mense komom my te verslind,my vyande en teenstandersmy aanval,struikel en val húlle.

3. Al sou ’n magtige leër teen my optrek,ek sal nie bang wees nie.Al sou hulle my aanval in ’n geveg,selfs dán sal ek hoopvol bly.

4. Een ding vra ek van die Here,en dit sal ek bly soek:om in die huis van die Herete blyal die dae van my lewe,om my te verbly in sy goedheid,en in sy tempel daaroor na te dink.

5. Want as gevaar dreig,sal Hy my wegsteek.Hy sal my in sy woning verberg.Hy sal my op ’n hoë rots laat staan.

6. Dan sal ek my kop hoog opligbokant my vyande wat my omring.In sy woningsal ek offers van vreugde bringterwyl ek singen met musiek die Here loof.

7. Luister tog na my as ek roep, Here.Wees genadig, verhoor my gebed!

8. U het vir my hart gesê:“Kom en dien My.”Ek antwoord:“Here, ek kom U dien.”

9. Moenie U vir my verberg nie,of u dienaar in toorn verwerp nie.U was nog altyd my helper.Moenie my nou verlaat nie;moenie my in die steek laat nie,God van my verlossing!

10. Selfs al sou my pa en ma my verlaat,die Here sal my styf vashou.

11. Leer my hoe om te lewe, Here.Lei my op ’n gelyke pad,want my vyande wag my in.

Lees volledige hoofstuk Psalms 27