Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:7-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Moenie dink aan die opstanden die sonde van my jeug nie;Here, dink eerder aan my met troue liefde, ter wille van u goedheid.

8. Die Here is goeden doen wat reg is.Daarom wys Hy vir sondaarsdie regte pad.

9. Mag Hy die nederigesop die regte weg lei,en vir dié wat beskeie is,sy pad leer.

10. Die paaie van die Hereis goedheid en trouvir dié wat getrou isaan die bepalings van sy verbond.

11. Ter wille van u Naam, Here,vergewe tog my sondes,want dit is baie.

12. Wie is die een wat die Here dien?Hy sal hom wyswatter pad hy moet kies.

13. Hy sal in voorspoed lewe,en sy nageslagsal die beloofde land beërwe.

14. Die Here se voorneme is duidelikvir dié wat Hom dien.Aan hullemaak Hy sy verbond bekend.

15. Ek kyk altyd op na die Herevir hulp,want Hy sal my voetevan die vangnet bevry.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25