Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:3-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Niemand wat op U wag,word ooit beskaam nie,maar húlle word beskaamwat bedrieg sonder oorsaak.

4. Here, wys my die wegwat ek moet gaan,leer my u paaie.

5. Lei my deur u waarheiden leer my,want U, o God, is my redder.Die hele dag wag ek vol hoop op U.

6. Dink, o Here, aan u liefde en medelye,van altyd af deur U bewys.

7. Moenie dink aan die opstanden die sonde van my jeug nie;Here, dink eerder aan my met troue liefde, ter wille van u goedheid.

8. Die Here is goeden doen wat reg is.Daarom wys Hy vir sondaarsdie regte pad.

9. Mag Hy die nederigesop die regte weg lei,en vir dié wat beskeie is,sy pad leer.

10. Die paaie van die Hereis goedheid en trouvir dié wat getrou isaan die bepalings van sy verbond.

11. Ter wille van u Naam, Here,vergewe tog my sondes,want dit is baie.

12. Wie is die een wat die Here dien?Hy sal hom wyswatter pad hy moet kies.

13. Hy sal in voorspoed lewe,en sy nageslagsal die beloofde land beërwe.

14. Die Here se voorneme is duidelikvir dié wat Hom dien.Aan hullemaak Hy sy verbond bekend.

15. Ek kyk altyd op na die Herevir hulp,want Hy sal my voetevan die vangnet bevry.

16. Draai u gesig na myen bewys genade aan my,want ek is alleen en in diep nood.

17. Die kwellinge van my gedagtesword al meer.Verlos my tog uit hierdie ellende!

18. Kyk na my pyne en kwellinge,en vergeef tog al my sondes.

19. Kyk hoeveel vyande is teen my,hoe hulle my haat met venyn!

20. Beskerm my en red my!Bewaar my van vernedering,want ek vertrou op U.

21. Mag opregtheid en eerlikheid my beskerm,want ek wag op U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25