Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek rig my tot U, Here.

2. Ek vertrou op U, my God!Moenie dat ek in die skande kom,of my vyande oor my laat juig nie.

3. Niemand wat op U wag,word ooit beskaam nie,maar húlle word beskaamwat bedrieg sonder oorsaak.

4. Here, wys my die wegwat ek moet gaan,leer my u paaie.

5. Lei my deur u waarheiden leer my,want U, o God, is my redder.Die hele dag wag ek vol hoop op U.

6. Dink, o Here, aan u liefde en medelye,van altyd af deur U bewys.

7. Moenie dink aan die opstanden die sonde van my jeug nie;Here, dink eerder aan my met troue liefde, ter wille van u goedheid.

8. Die Here is goeden doen wat reg is.Daarom wys Hy vir sondaarsdie regte pad.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25