Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22:3-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Elke dag roep ek na U, my God,maar U antwoord nie;ook elke nag roep ek,maar daar is geen rus vir my nie.

4. Tog is U die Heiligewat woon waar Israel U prys.

5. Ons voorouershet op U vertrou,hulle het U vertrou,en U het hulle gered.

6. Tot U het hulle geroep,en hulle is verlos.Hulle het op U vertrou,en was nooit verleë nie.

7. Maar ek is net ’n wurm,en nie ’n man nie;ek word bespot deur die mensdom, verag deur almal om my.

8. Elkeen wat my sien, spot met my.Hulle trek vir my gesigte,skud die kop en sê:

9. “Vertrou op die Here;laat Hý hom dan red!Laat die Here hom verlosas Hy hom dan so liefhet!”

10. Maar U het my die lewenslig laat sien,my as suigeling op U laat vertrou.

11. Vanaf geboorte is ek van U afhanklik.Vanaf die begin van my lewewas U my God.

12. Moenie ver van my af bly nie,want ellende komen daar is geen helper nie.

13. Soos ’n trop bulleomsingel my vyande my;wilde beeste van Basanhet my omring!

14. Soos brullende leeuswat uitmekaar wil skeur,met oopgesperde bekkestorm hulle op my af.

15. My lewe is uitgestort soos water, al my bene val uitmekaar.My hart is soos waswat in my wegsmelt.

16. My krag het opgedroog soos ’n potskerf.My tong kleef aan my verhemelte.U laat my vir dood in die stof lê.

17. Soos ’n trop hondesirkel hulle om my;’n kwaadwillige bendesak op my toe.My hande en voete is vasgemaak.

18. Ek kan al my bene in my tel.Met leedvermaak gluur my vyande my aan.

19. Hulle verdeel my klere onder mekaaren deur die lot te werpdeel hulle my kledingstukke.

20. Here,bly nie ver van my af nie!U is my sterkte; help my tog gou!

21. Red my van die swaard,red my kosbare leweuit die mag van hierdie honde.

22. Red my uit die bek van die leeu,van die horings van wilde beeste.U het my gebed verhoor!

23. Aan my broersmaak ek u Naam bekend.In die vergaderingverkondig ek u lof.

Lees volledige hoofstuk Psalms 22