Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22:25-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Want die leed van hulle in noodignoreer Hy nie;vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie.Hy luister na hulle geroep om hulp.

26. Van U af kom my lofsangin die groot vergadering;voor hulle wat U dien,sal ek my geloftes nakom.

27. Dié in nood sal eet en versadig word.Almal wat die Here dien,sal Hom loof.Mag hulle harte bly wees vir altyd.

28. Die hele aarde sal die Here erkenen na Hom toe terugkeer.Mense uit elke nasiesal Hom weer dien.

29. Want die koningskapbehoort aan die Here!Hy heers oor al die nasies.

30. Laat die rykes van die wêreld feesvieren Hom aanbid.Laat al wat sterfling is,voor Hom buig;hulle wat sterflik isen bestem is vir die graf.

31. Die nageslag sal Hom dien.Die komende geslagtesal van die Here hoor.

32. Sy regverdige dadesal aan hulle vertel word.Dié wat nou nog ongebore is,sal van sy dade hoor.

Lees volledige hoofstuk Psalms 22