Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. My God, my God! Waarom het U my verlaat?Waarom bly U so verwanneer ek roep om hulp,so ver wanneer ek tot U sug?

3. Elke dag roep ek na U, my God,maar U antwoord nie;ook elke nag roep ek,maar daar is geen rus vir my nie.

4. Tog is U die Heiligewat woon waar Israel U prys.

5. Ons voorouershet op U vertrou,hulle het U vertrou,en U het hulle gered.

6. Tot U het hulle geroep,en hulle is verlos.Hulle het op U vertrou,en was nooit verleë nie.

7. Maar ek is net ’n wurm,en nie ’n man nie;ek word bespot deur die mensdom, verag deur almal om my.

8. Elkeen wat my sien, spot met my.Hulle trek vir my gesigte,skud die kop en sê:

9. “Vertrou op die Here;laat Hý hom dan red!Laat die Here hom verlosas Hy hom dan so liefhet!”

Lees volledige hoofstuk Psalms 22