Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22:17-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Soos ’n trop hondesirkel hulle om my;’n kwaadwillige bendesak op my toe.My hande en voete is vasgemaak.

18. Ek kan al my bene in my tel.Met leedvermaak gluur my vyande my aan.

19. Hulle verdeel my klere onder mekaaren deur die lot te werpdeel hulle my kledingstukke.

20. Here,bly nie ver van my af nie!U is my sterkte; help my tog gou!

21. Red my van die swaard,red my kosbare leweuit die mag van hierdie honde.

22. Red my uit die bek van die leeu,van die horings van wilde beeste.U het my gebed verhoor!

23. Aan my broersmaak ek u Naam bekend.In die vergaderingverkondig ek u lof.

24. Prys die Here,julle almal wat Hom dien!Verheerlik Hom,nakomelinge van Jakob!Betoon eerbied aan Hom,nageslag van Israel!

25. Want die leed van hulle in noodignoreer Hy nie;vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie.Hy luister na hulle geroep om hulp.

26. Van U af kom my lofsangin die groot vergadering;voor hulle wat U dien,sal ek my geloftes nakom.

27. Dié in nood sal eet en versadig word.Almal wat die Here dien,sal Hom loof.Mag hulle harte bly wees vir altyd.

Lees volledige hoofstuk Psalms 22