Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 20:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Mag die Here, in tye van nood,antwoord op jou roepstem.Mag die Naam van die God van Jakob jou beveilig teen gevaar.

3. Mag Hy jou te hulp sneluit die heiligdom,en uit Sion jou versterk.

4. Mag Hy dink aan al jou graanoffers,en jou brandoffers gunstig aanvaar. Sela

5. Mag Hy jou hartsbegeertesvervul,en al jou planne verwesenlik.

6. Mag ons juig oor u oorwinning,en baniere hysin die Naam van ons God.Mag die Hereal jou gebede verhoor.

7. Nou weet ek: die Here redsy gesalfde koning.Vanuit sy heilige hemelverhoor Hy homen red hom deur sy groot mag.

Lees volledige hoofstuk Psalms 20