Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 19:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Die Here se bevele is reg,dit bring vreugde vir die hart.Die opdragte van die Hereis duidelik;dit gee insig vir die lewe.

10. Die gebooie van die Hereis suiwer, dit bly vir altyd staan.Die Here se voorskrifte is reg;elkeen van hulle is regverdig.

11. Hulle is kosbaarder as goud,selfs as die fynste goud.Hulle is soeter as heuning,as druppels uit ’n heuningkoek.

12. Dis ’n waarskuwing vir u dienaar,en ’n groot beloningvir dié wat dit gehoorsaam.

13. Wie kan sy eie oortredings verstaan?Spreek my vry oor verborge sondes,

14. en bewaar my van opsetlike sondes!Laat hulle nie oor my heers nie.Dan sal ek vry wees van skuld,en onskuldig aan groot oortredings.

15. Mag die woorde van my monden die gedagtes van my hartvir U aanneemlik wees,Here, my rots en my Verlosser.

Lees volledige hoofstuk Psalms 19