Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 19:2-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Die hemele verkondig die heerlikheid van God.Die uitspansel getuigvan die werk van sy hande.

3. Die een dag vertel vir die ander dag;die een nag vir die volgende nag.

4. Hulle praat sonder woord of klank,geluidloos is hulle stem;

5. hulle boodskap gaan uitoor die hele wêreld,hulle woordetot die uiterste van die aarde.Die son se woonplek is in die hemel,waar God dit geplaas het.

6. Soos ’n bruidegomverskyn hy uit sy kamer,soos ’n held op die baan,ywerig om weg te spring.

7. Aan die een kant van die horisonkom hy open aan die ander kant gaan hy onder.Niks kan sy hitte ontkom nie.

8. Die Here se voorskrifte is volkome,dit gee nuwe lewenskrag.Die bepalings van die Hereis betroubaar;dit maak die eenvoudige verstandig.

9. Die Here se bevele is reg,dit bring vreugde vir die hart.Die opdragte van die Hereis duidelik;dit gee insig vir die lewe.

10. Die gebooie van die Hereis suiwer, dit bly vir altyd staan.Die Here se voorskrifte is reg;elkeen van hulle is regverdig.

11. Hulle is kosbaarder as goud,selfs as die fynste goud.Hulle is soeter as heuning,as druppels uit ’n heuningkoek.

12. Dis ’n waarskuwing vir u dienaar,en ’n groot beloningvir dié wat dit gehoorsaam.

13. Wie kan sy eie oortredings verstaan?Spreek my vry oor verborge sondes,

14. en bewaar my van opsetlike sondes!Laat hulle nie oor my heers nie.Dan sal ek vry wees van skuld,en onskuldig aan groot oortredings.

Lees volledige hoofstuk Psalms 19