Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:7-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. In my angs het ek tot die Here geroep,tot my God geroep om hulp.In sy heiligdom het Hy geluister;my hulpgeroep het Hy gehoor.

8. Toe het die aarde geskud en gebewe;die fondamente van die bergehet gerammel,hulle het geruk vanweë sy toorn.

9. Rook het uit sy neusgate geborrel,verterende vlamme uit sy mond,gloeiende kole uit sy binnekant.

10. Hy het die hemele oopgebreek en afgekom;donkerte was onder sy voete.

11. Hy het ’n gerub bestyg en gevlieg,Hy het gesweefop die vlerke van die wind.

12. Hy het Homself met donkerte omhul,reënwolke en wolkemassashet Hom bedek.

13. Uit die gloed voor Homhet wolke gekom,hael en weerligstrale.

14. Die Here se stem donder uit die hemel;die Allerhoogste laat sy stem hoor:hael en weerligstrale.

15. Hy skiet sy pyle, verstrooi sy vyande;sy weerlig flits, hulle is verbysterd.

16. Die bodem van die see word sigbaar,die fondamente van die aardeword ontblootdeur die gebulder van die Here,en die rukwind van sy asem.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18