Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:34-49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Hy maak my voetesoos dié van ’n wildsbok,op hoë plekkelaat Hy my veilig staan.

35. Hy oefen my hande vir die geveg,my arms om ’n bronsboog te trek.

36. U redding is vir my ’n skild.U regterhand ondersteun my;u hulp maak my sterk.

37. Die pad onder my maak U breed,en my enkels swik nie.

38. Ek het my vyande agtervolgen ingehaal;ek het nie omgedraaivoordat hulle almaluitgewis was nie.

39. Ek het hulle oorrompelen neergeslaan,hulle kon nie opstaan nie;hulle het voor my voete geval.

40. U het my met krag toegerusvir die stryd,en my teenstanders aan my onderwerp.

41. My vyande het U voor my laat vlug;my haters het ek uitgewis.

42. Hulle roep om hulp,maar niemand kom help nie;selfs tot die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maal hulle fyn soos die stof van die aarde,soos modder op straat vermorsel ek hulle.

44. In die stryd met teenstandershet U my verlos,my aangestel as koning oor nasies.’n Volk wat ek nie geken het nie,dien my nou.

45. Uitlanders word my onderdane.As hulle van my hoor,gehoorsaam hulle my.

46. Vreemdelinge word moedeloosen kom bewend uit hulle vestings.

47. Die Here leef! Ek prys my rots!Ek loof God, rots van my redding,

48. God wat wraak neem namens my,wat volke aan my onderwerp.

49. Hy red my van my vyande.Buite bereik van teenstandersverhef U my;U verlos my van geweldenaars.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18