Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:32-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Want wie anders as die Hereis God?Wie anders as God is ’n rots?

33. God rus my toe met krag;Hy maak my pad veilig.

34. Hy maak my voetesoos dié van ’n wildsbok,op hoë plekkelaat Hy my veilig staan.

35. Hy oefen my hande vir die geveg,my arms om ’n bronsboog te trek.

36. U redding is vir my ’n skild.U regterhand ondersteun my;u hulp maak my sterk.

37. Die pad onder my maak U breed,en my enkels swik nie.

38. Ek het my vyande agtervolgen ingehaal;ek het nie omgedraaivoordat hulle almaluitgewis was nie.

39. Ek het hulle oorrompelen neergeslaan,hulle kon nie opstaan nie;hulle het voor my voete geval.

40. U het my met krag toegerusvir die stryd,en my teenstanders aan my onderwerp.

41. My vyande het U voor my laat vlug;my haters het ek uitgewis.

42. Hulle roep om hulp,maar niemand kom help nie;selfs tot die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maal hulle fyn soos die stof van die aarde,soos modder op straat vermorsel ek hulle.

44. In die stryd met teenstandershet U my verlos,my aangestel as koning oor nasies.’n Volk wat ek nie geken het nie,dien my nou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18