Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:18-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Hy verlos my van magtige vyande,van haters wat te sterk was vir my.

19. Hulle het aangeval toe ek in die moeilikheid was,maar die Here hou my staande.

20. Hy lei my na veiligheid,en red my omdat Hy my liefhet.

21. Die Herebeloon my opregtheid;Hy vergoed my onskuld.

22. Want ek was getrouaan die voorskrifte van die Here;ek was nie skuldig teenoor my God nie.

23. Want sy voorskriftehet ek onderhou;en van sy bepalings nie afgewyk nie.

24. Ek is onskuldig voor Hom;ek het weggebly van sonde.

25. Die Herehet my opregtheid beloon,want ek was onskuldig voor Hom.

26. Vir die getroues is U getrou;vir die opregtes is U opreg.

27. Vir dié wat rein is, is U rein,vir dié wat vals is, is U vals.

28. U red hulle wat nederig is,maar die hoogmoediges verneder U.

29. U laat my lamp skyn, Here my God.U verlig my duisternis.

30. Met U loop ek ’n leër storm;met my God spring ek oor ’n muur.

31. God se pad is volmaak.Die Here se woorde is betroubaar.Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

32. Want wie anders as die Hereis God?Wie anders as God is ’n rots?

33. God rus my toe met krag;Hy maak my pad veilig.

34. Hy maak my voetesoos dié van ’n wildsbok,op hoë plekkelaat Hy my veilig staan.

35. Hy oefen my hande vir die geveg,my arms om ’n bronsboog te trek.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18