Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 16:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Here, U alleen is my erfenis,my beker van seën.U waarborg my lotsbestemming.

6. ’n Pragtige plek is vir my afgemeet.Wat ek geërf het, is vir my mooi!

7. Ek prys die Herewat my insig gee;ook in die nag is ek daarvan bewus.

8. Die Here is altyd by my.Ja, Hy is aan my regterhand;daarom sal ek nie struikel nie.

9. Hieroor is my hart vol vreugde.Ek besing sy lof,en woon in veiligheid.

10. Want aan die doderyksal U my nie prysgee,of toelaat dat u getrouesin die graf ontbind nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 16