Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 16:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Beskerm my, o God,want ek kom na U toe vir skuiling.

2. Ek sê vir die Here: “U is my Here!Alle goeie dinge kry ek van U alleen.”

3. Die sogenaamde heiliges in die land,vervloek is elkeenwat vreugde in hulle vind.

4. Mag hulle wat ander gode najaagbaie droefheid beleef.Drankoffers van bloedsal ek nie uitgiet nie,of die name van hulle afgodeop my lippe neem nie.

5. Here, U alleen is my erfenis,my beker van seën.U waarborg my lotsbestemming.

6. ’n Pragtige plek is vir my afgemeet.Wat ek geërf het, is vir my mooi!

Lees volledige hoofstuk Psalms 16