Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 16:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Beskerm my, o God,want ek kom na U toe vir skuiling.

2. Ek sê vir die Here: “U is my Here!Alle goeie dinge kry ek van U alleen.”

3. Die sogenaamde heiliges in die land,vervloek is elkeenwat vreugde in hulle vind.

4. Mag hulle wat ander gode najaagbaie droefheid beleef.Drankoffers van bloedsal ek nie uitgiet nie,of die name van hulle afgodeop my lippe neem nie.

5. Here, U alleen is my erfenis,my beker van seën.U waarborg my lotsbestemming.

6. ’n Pragtige plek is vir my afgemeet.Wat ek geërf het, is vir my mooi!

7. Ek prys die Herewat my insig gee;ook in die nag is ek daarvan bewus.

8. Die Here is altyd by my.Ja, Hy is aan my regterhand;daarom sal ek nie struikel nie.

9. Hieroor is my hart vol vreugde.Ek besing sy lof,en woon in veiligheid.

10. Want aan die doderyksal U my nie prysgee,of toelaat dat u getrouesin die graf ontbind nie.

11. U wys vir my die lewenspad;in u teenwoordigheid is vreugde,en aan u regterhandis daar blydskap vir altyd.

Lees volledige hoofstuk Psalms 16