Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 149:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Sy troue dienaars juig oor hierdie eer;hulle jubel op hulle beddens.

6. Mag hulle God loof met hulle lippe,met ’n tweesnydende swaardin hulle hande

7. om wraak uit te oefen op die nasiesen straf oor die volke,

8. om hulle konings vas te maak met boeieen hulle leiers met ysterkettings,

9. om die oordeel te voltrekwat reeds vasgestel is.Dit is die roem van sy troue dienaars.Prys die Here!

Lees volledige hoofstuk Psalms 149