Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 149:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Loof die Here!Sing vir die Here’n nuwe lied.Sing sy lof in die vergaderingvan sy getroue dienaars.

2. Laat Israel hom verheug in sy Skepper,laat die inwoners van Sionjubel oor hulle Koning.

3. Laat hulle sy Naammet koordanse loof,begelei deur tamboeryn en harpvir Hom lofliedere sing.

4. Want die Here verbly Hom in sy volk;met sy reddinghef Hy die hulpeloses op.

5. Sy troue dienaars juig oor hierdie eer;hulle jubel op hulle beddens.

Lees volledige hoofstuk Psalms 149