Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 146:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Moenie op magtiges vertrou,of op mense wat nie kan red nie.

4. Sy asem hou op,en hy word weer grond.Skielik kom al sy planne tot ’n einde.

5. Gelukkig is hy wie se hulpdie God van Jakob is,wat sy hoop vestigop die Here sy God

6. wat hemel en aarde gemaak het,die see en alles daarin,en wat altyd sy beloftes nakom;

7. wat reg laat geskied aan verdruktes,en kos gee vir dié wat honger is.Die Here bevry die gevangenes.

Lees volledige hoofstuk Psalms 146