Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 145:11-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Hulle vertel van die prag van u koninkryk;hulle maak u groot mag bekend.

12. Hulle sal aan almal vertel van u magtige dade,en van die glansryke majesteitvan u koninkryk.

13. Want u koninkrykis ’n koninkryk vir alle tye.U heers geslag na geslag.

14. Die Here help almal wat geval heten dié wat swaarkry, tel Hy op.

15. Die oë van almalis hoopvol op U gerig;U gee aan almal kos op die regte tyd.

16. U maak u hand oop,en bevredig die begeertesvan al wat lewe.

17. Die Here is regverdig in al sy dade;en getrou in alles wat Hy doen.

18. Die Here is naby almal wat Hom aanroep,vir almal wat Homin opregtheid aanroep.

19. Hy vervul die begeertes van dié wat Hom dien;Hy hoor hulle hulpgeroep en red hulle.

20. Die Here beskerm almalwat Hom liefhet,maar die goddeloses vernietig Hy.

21. Die lof van die Herewil ek verkondig.Alles wat leef,sal sy heilige Naam vir altyd prys!

Lees volledige hoofstuk Psalms 145