Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 144:6-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Laat weerligstraleu vyande verstrooi,u pyle hulle in verwarring laat vlug.

7. Reik af uit u hemel en verlos my;bevry my van woeste waters,red my uit die mag van vreemdelinge

8. wie se monde vol is van leuens,wat lieg selfs as hulle ’n eed aflê.

9. Ek sing ’n nuwe lied vir U, o God!Ek sing lofsangemet begeleiding van die harp.

10. U wat oorwinning gee aan konings,wat vir Dawid, u dienaar,van die bose swaard gered het.

11. Red my en verlos myuit die mag van vreemdelingewie se monde vol is van leuens,wat lieg selfs as hulle ’n eed aflê.

12. Dan sal ons seuns in hulle jeugopgroei soos goed versorgde plante.Ons dogters sal hoekpilare wees,uitgebeitel soos vir ’n paleis.

13. Ons voorraadskure sal vol weesvan allerlei soortelewensmiddels.Ons kleinvee sal vermeerderby die duisende,selfs by die tienduisende op ons velde.

14. Ons beeste sal baie kalwers hê.Daar sal geen breuk in ons mure,en geen ballingskap meer wees nie;geen klaagkrete sal weerop ons pleine gehoor word nie.

15. Gelukkig is die volkmet wie dit so goed gaan.Gelukkig is die volkwie se God die Here is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 144