Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 144:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Geseënd is die Here, my rots,wat my hande leer om te veg,my vingers om oorlog te maak.

2. Hy is my troue hulp en my toevlug,my veilige vesting en my redder.Hy is my beskermer by wie ek skuil,wat volke aan my onderwerp.

3. Here, wat is die mensdat U hom raaksien,’n mensekinddat U vir hom omgee?

4. Die mens is soos ’n asemteug,soos ’n skadu gaan sy dae verby.

5. Here, buig u hemele en daal neer!Raak die berge aansodat hulle rook!

6. Laat weerligstraleu vyande verstrooi,u pyle hulle in verwarring laat vlug.

7. Reik af uit u hemel en verlos my;bevry my van woeste waters,red my uit die mag van vreemdelinge

8. wie se monde vol is van leuens,wat lieg selfs as hulle ’n eed aflê.

9. Ek sing ’n nuwe lied vir U, o God!Ek sing lofsangemet begeleiding van die harp.

Lees volledige hoofstuk Psalms 144