Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 14:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Net dwase sê vir hulleself:“Daar is geen God nie.”Hulle is korrup en hulle dade is boos.Niemand doen die goeie nie!

2. Die Here kyk neer vanuit die hemelop die hele mensegeslagom te sien of daar één verstandige is,één wat vir God soek.

3. Maar nee! Almal het afgedwaal,almal het versleg.Niemand doen wat goed is nie,nie eens een nie!

4. Sal boosdoeners dan nooit leer nie?Hulle eet my volk soos brood;hulle dink nie daaraanom die Here te dien nie.

5. Angs pak hulle beet,want God is met hullewat Hom gehoorsaam.

6. Die planne teen die hulpelosessal verydel word,want die Heresal sy volk beskerm.

7. Mag daar vir Israelredding kom uit Sion!Wanneer die Heresy volk herstel,sal Jakob juig, sal Israel bly wees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 14