Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 139:15-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. My bene was vir U sigbaartoe ek stilletjies gevorm isin die dieptes van die moederskoot.

16. U het my gesien voor ek gebore is.In u boek is alles opgeteken;elke dag is bepaalvoordat een van hulle daar was.

17. Kosbaar is u gedagtes vir my,o God!Hoe onmeetlik is die totaal!

18. As ek dit sou moes tel,sou hulle meer wees as sandkorrels!Wanneer ek daarmee klaar is,sal ek nog steeds by U wees.

19. As U net die goddeloses sal uitroei, o God!Gaan weg van my, julle moordenaars!

20. Hulle smee bose planne teen U,u vyande misbruik u Naam.

21. Moet ek hulle nie haat wat vir U haat nie, Here?Moet ek nie ’n afkeer hêvan dié wat teen U in opstand kom nie?

22. Ja, ek haat hulle met ’n volkome haat,want u vyande is my vyande.

23. Deursoek my, o God, en ken my hart;toets my en ken my onrustige gemoed.

24. Kyk of daar enige sondige neigingby my is,en lei my op die ewige pad.

Lees volledige hoofstuk Psalms 139