Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 138:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Wanneer ek roep, antwoord U my;U bemoedig my en gee my krag.

4. Here, al die konings van die aardesal U dankwanneer hulle u woorde hoor.

5. Hulle sal sing van die werkevan die Here,want groot is die heerlikheidvan die Here.

6. Al is die Here hoog verhewe,gee Hy om vir die nederiges,maar die trotsaards ken Hy van ver af.

7. As ellende op my toesak,sal U my bewaarvan die woede van my vyande.U steek u hand uiten red my deur u krag.

8. Here, U sal u doel met my bereik,want u troue liefde, Here, ken geen einde nie.Moenie die werke van u handelaat vaar nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 138