Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 136:15-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. maar Farao en sy leërin die Rietsee gegooi.Aan sy liefde is geen einde nie.

16. Hy het sy volk deur die woestyn gelei.Aan sy liefde is geen einde nie.

17. Hy het magtige konings uitgeroei,Aan sy liefde is geen einde nie.

18. en magtige konings doodgemaak:Aan sy liefde is geen einde nie.

19. Sihon, die koning van die Amoriete,Aan sy liefde is geen einde nie.

20. en Og, die koning van Basan.Aan sy liefde is geen einde nie.

21. Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee,Aan sy liefde is geen einde nie.

22. ’n erfdeel vir Israel, sy dienaar.Aan sy liefde is geen einde nie.

23. Hy het aan ons gedinktoe ons moedeloos wasAan sy liefde is geen einde nie.

24. en ons gered van ons vyande.Aan sy liefde is geen einde nie.

25. Hy gee kos aan al wat lewe.Aan sy liefde is geen einde nie.

26. Loof die God van die hemel!Aan sy liefde is geen einde nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 136