Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 125:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hulle wat op die Here vertrou,is soos Sionsberg;hulle is onbeweegliken sal vir altyd bly bestaan.

2. Soos daar berge isrondom Jerusalem,so is die Here rondom sy volknou, en vir altyd.

3. Die septer van goddelosessal nie bly heers oor die landwat aan regverdiges gegee is nie,anders kan ook húlle in kwaad verval.

4. Here, doen goed aan dié wat goed is,hulle wat opreg van hart is.

5. Maar mag die Here dié verwyderwat saam met boosdoenersop verkeerde paaie loop.Mag daar vir Israel vrede wees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 125