Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 124:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. As die Herenie aan ons kant was nie,laat Israel dit nou maar sê,

2. as die Herenie aan ons kant wastoe mense ons aangeval het nie,

3. sou hulle ons lewendig ingesluk hetin die hitte van hulle toorn teen ons.

4. Die waters sou ons oorspoel het;strome sou ons oorweldig het.

5. Die woeste waterssou ons weggesleur het.

6. Lof aan die Herewat ons nie as prooiaan hulle oorgegee het nie.

7. Ons het ontsnapsoos voëls uit ’n voëlvangerse wip.Die wip is gebreek, en ons het ontvlug!

8. Ons hulp kom van die Here,wat hemel en aarde gemaak het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 124