Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 121:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek kyk op na die berge.Kom my hulp daarvandaan?

2. Nee, my hulp kom van die Here,wat hemel en aarde gemaak het.

3. Hy laat jou voet nie struikel nie;Hy wat waak oor jou, slaap nie.

4. Hy wat oor Israel waak,sal nooit sluimer of slaap nie.

5. Die Here waak self oor jou.Die Here is jou beskermeraan jou regterkant.

6. Die son sal jou bedags nie aantas nie,nog minder die maan in die nag.

7. Die Here bewaar jou van alle kwaaden Hy beskerm jou lewe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 121