Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 120:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In my nood het ek na die Here geroepen Hy het my gebed verhoor.

2. Here, red my van lippe wat lieg,en van ’n tong wat mislei.

3. Wat sal Hy met jou doen?Hoe sal Hy jou straf vermeerder,lasterlike tong?

4. Hy sal toeslaanmet skerp pyle van ’n soldaat,met gloeiende kole.

5. Dit was ellendig vir my om as vreemdelingin Mesek te woon,en saam te blymet die tentbewoners van Kedar.

6. Ek het te lank gewoontussen mense wat vrede haat.

7. Ek begeer vrede,maar wanneer ek praat,soek hulle oorlog.

Lees volledige hoofstuk Psalms 120