Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 12:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Help tog, Here,want opregtesbestaan nie meer nie!Onder die mensekindersis daar geen getroues oor nie.

3. Bure lieg vir mekaar.Hulle praat met vleiende lippe,maar met bedrieglike harte.

4. Die Heresny hulle vleiende lippe afen ook hulle grootpraterige tong.

5. Hulle sê:“Ons sal lieg soveel soos ons wil.Ons lippe behoort aan ons. Wie kan ons keer?”

6. Die Here antwoord:“Ek het die geweld teen hulpeloses gesien,en Ek het die versugtingvan die armes gehoor.Daarom sal Ek hulle beveilig,die veiligheid biedwaarna hulle smag.”

7. Die Here se beloftes is suiwer,soos silwer in ’n oond gesuiwer,wat sewe keer gesuiwer is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 12