Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:35-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

35. Laat my wandel volgens u gebooie,want dis waarin ek vreugde vind.

36. Laat my verlang na wat U vereis;verhoed dat ek materialisties word.

37. Weerhou my van waardelose dinge;laat my lewe volgens u voorskrifte.

38. Bevestig opnuut aan my u belofte,wat bedoel is vir hulle wat U dien.

39. Neem weg die smaad wat ek vrees,want u bepalings is goed.

40. Ek verlang van harte na u bevele.Laat my lewe deur u geregtigheid.

41. Here, laat u troue liefde my oordek,die redding wat U my belowe het.

42. Dan kan ek my spotters antwoord,want ek vertrou op u woord.

43. Laat ek tog altyd die waarheid praat,want ek hoop op u geregtigheid.

44. Ek sal u gebooie gehoorsaamso lank as wat ek lewe.

45. Ek sal in vryheid kan lewe,want ek soek u bevele.

46. Voor konings sal ek praatoor u verordeninge,sonder om skaam te wees.

47. Ek verlustig my in u gebooiewat ek baie liefhet.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119