Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:164-176 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

164. Ek loof U sewe keer per dag omdat al u bepalings regverdig is.

165. Hulle wat u gebooie liefhet,het groot sekuriteiten niks sal hulle laat struikel nie.

166. Ek sien uit na u redding, Here;daarom voer ek u gebooie uit.

167. Ek het u eise gehoorsaam,en het dit baie lief.

168. Ek gehoorsaam u bevele en eise,want U weet van alleswat ek doen.

169. Here, luister na my geroep;gee vir my insig soos U beloof het.

170. Luister tog na my smeekgebed;red my soos U beloof het.

171. Laat my lippe uitbreek met lof,want U het myu voorskrifte geleer.

172. Laat my tong sing oor u woord,want u bepalings is regverdig.

173. Mag U gereed wees om my te help, want u bevele het ek eerste gestel.

174. Here, ek het verlang na u redding,en u gebooie is my vreugde.

175. Laat my lewe sodat ek U kan prys,en mag u bepalings my ondersteun.

176. Soos ’n verlore skaaphet ek gedwaal;kom en soek my tog,want u gebooiehet ek nie vergeet nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119