Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:134-150 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

134. Red my van menslike verdrukkingsodat ek u bevele kan gehoorsaam.

135. Laat u guns oor u dienaar skyn;leer my al u voorskrifte.

136. Trane vloei in strome oor my wangeomdat mense u gebooie minag.

137. Here, U is regverdig,en u oordele is reg.

138. U vereistes is regverdig;dit is baie betroubaar.

139. My ontsteltenis oorweldig my,want my vyandeverontagsaam u woorde.

140. U beloftes is deeglik beproef;u dienaar het dit lief.

141. Al is ek gering en verag,ek misken nie u bevele nie.

142. U regverdigheidduur vir altyd,en u gebooie is betroubaar.

143. Angs en benoudheid sak op my toe,maar u gebooie is my vreugde.

144. U vereistes is altyd regverdig;gee my insig sodat ek kan lewe.

145. Ek roep tot U met my hele hart; antwoord my tog, Here!U voorskrifte sal ek gehoorsaam.

146. Ek roep na U:Red my,en ek sal u vereistes gehoorsaam.

147. Voor dagbreek roep ek om hulp,en plaas my hoop op u woord.

148. Die hele nag lê ek wakkerom u woord te oordink.

149. Luister na my roepstem, Here,op grond van u troue liefde.Laat my leweop grond van u regverdigheid.

150. Sluwe vervolgers kom al nader,maar lewe ver van u gebooie af.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119