Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:126-134 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

126. Dis tyd dat U optree, Here,want hulle het u gebooie oortree.

127. Daarom is ek lief vir u opdragte,meer as goud, selfs die fynste goud.

128. Omdat elkeen van u bevele reg is,haat ek elke verkeerde pad.

129. U voorwaardes is wonderlik;daarom gehoorsaam ek hulle.

130. Begrip van u woord bring lig;dit gee insig aan die eenvoudige.

131. My mond is oop en ek snak na asem,want ek verlang na u gebooie.

132. Kyk tog na my in u genade,soos U doen vir almalwat u Naam liefhet.

133. Rig my treë deur u woordsodat boosheid my nie oorval nie.

134. Red my van menslike verdrukkingsodat ek u bevele kan gehoorsaam.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119