Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Geseënd is hulle wat opreg lewe,wat leef volgens die gebooievan die Here.

2. Geseënd is hullewat sy waarskuwings gehoorsaam,Hom met volle oorgawe dien,

3. nie onreg pleeg nieen op sy paaie wandel.

4. U het ons opdrag gegee om u bevele noukeurig te onderhou.

5. Mag my optrede voortdurendweerspieël dat ek u voorskrifte wil nakom.

6. Dan sal ek nie tot skande komas ek maar net my oëop al u gebooie hou nie.

7. Wanneer eku regverdige bepalings bestudeer,wil ek U dankmet ’n opregte hart.

8. U voorskrifte sal ek nakom;moet my net nie verlaat nie!

9. Hoe kan ’n jongmens’n skoon lewe lei?Deur sy lewe in te rig volgens u woord.

10. Met my hele hart soek ek U;moenie dat ek afdwaalvan u gebooie nie.

11. Ek het u woord in my hart gebêresodat ek nie teen U sou sondig nie.

12. Geseënd is U, o Here;leer my u voorskrifte.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119