Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:21-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Ek prys U omdat U my verhoor heten my redder geword het.

22. Die klip wat die bouers afgekeur het,het nou die sluitsteen geword.

23. Dit is die werk van die Here,en wonderlik vir ons om te aanskou.

24. Dit is die dag wat die Here gemaak het.Laat ons daaroor juig en bly wees.

25. Here, red ons tog,Here, gee ons tog voorspoed.

26. Geseënd is die eenwat kom in die Naam van die Here.Ons seën julleuit die tempel van die Here.

27. Die Here is God, Hy laat sy lig oor ons skyn.Begin die optog, wuif die takke!Stapel dit optot by die horings van die altaar.

28. U is my God, en ek wil U prys!My God, ek sal U hemelhoog prys!

29. Wees dankbaar teenoor die Here, want Hy is goed!Sy goedheid duur vir altyd!

Lees volledige hoofstuk Psalms 118