Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 116:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek het die Here lief,want Hy antwoord my smeekgebed.

2. Omdat Hy na my geluister het,sal ek Hom aanroep solank ek lewe.

3. Bande van die dood het my omring,angs van die doderyk het my oorval.Vrees en verdriet het my oorweldig.

4. Toe roep ek die Here se Naam aan:“Here, red my tog!”

5. Die Here is genadigen regverdig.Ons God bewys barmhartigheid.

6. Die Here beskerm die eenvoudiges.Ek was in nood,maar Hy het my gered.

7. Nou kan ek weer gerus wees,want die Herewas goed vir my.

8. U het my van die dood gered,my oë van trane bevry,my voete van struikeling weerhou.

9. Daarom wandel ek voor die Herein die land van die lewendes.

10. Ek het geglo toe ek gesê het:“Ek is in groot ellende.”

11. In my angs het ek uitgeroep:“Alle mense is leuenaars!”

12. Hoe kan ek die Here vergeldvir al sy goeie dade aan my?

13. Ek sal die beker van redding optelen die Naam van die Hereaanroep.

Lees volledige hoofstuk Psalms 116