Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 115:5-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Hulle het monde, maar praat nie,hulle het oë, maar kan nie sien nie.

6. Hulle het ore,maar kan nie hoor nie,ook het hulle neuse,maar kan nie ruik nie;

7. hulle het hande,maar kan nie voel nie,hulle het voete,maar kan nie loop nie.Hulle kan nie eers geluide maak met hulle kele nie!

8. Hulle makers sal net soos hulle afgode wees,so ook almal wat op hulle vertrou.

9. Israel, vertrou op die Here! Hy is hulle helper, Hy is hulle skild.

10. Huis van Aäron, vertrou op die Here! Hy is hulle helper, Hy is hulle skild.

11. Julle almal wat die Here dien,vertrou op die Here! Hy is hulle helper, Hy is hulle skild.

12. Die Here dink aan onsen seën ons.Hy seën die huis van Israel,Hy seën die huis van Aäron,

13. Hy seën hulle wat die Here dien,sowel klein as groot.

14. Mag die Herejulle vermeerder,julle en julle kinders.

15. Mag die Here julle seën,Hy wat hemel en aarde gemaak het.

16. Die hemelebehoort aan die Here,maar die aarde het Hyvir die mensdom gegee.

17. Dooies kan die Herenie prys nie,ook nie hulle wat die grafstilte binnegaan nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 115