Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 115:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,maar aan u Naam kom toe die eerop grond van u liefde en u trou.

2. Waarom sou die nasies dan sê: “Nou waar is hulle God?”

3. Maar ons God is in die hemelen Hy maak soos Hy wil.

4. Húlle afgode is van silwer en goud,deur mensehande gemaak.

5. Hulle het monde, maar praat nie,hulle het oë, maar kan nie sien nie.

6. Hulle het ore,maar kan nie hoor nie,ook het hulle neuse,maar kan nie ruik nie;

7. hulle het hande,maar kan nie voel nie,hulle het voete,maar kan nie loop nie.Hulle kan nie eers geluide maak met hulle kele nie!

8. Hulle makers sal net soos hulle afgode wees,so ook almal wat op hulle vertrou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 115