Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 112:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Prys die Here!Geseënd is hy wat die Here dien,hy wat met groot vreugdesy gebooie onderhou.

2. Sy kinders sal magtig wees op aarde;die nageslag van die opregtesal geseën wees.

3. Oorvloed en rykdom vul sy huis,sy regverdigheid duur vir altyd.

4. Vir die opregte skyn die ligte midde van die duisternis.Hy is genadig, barmhartig en getrou.

5. Dit gaan goed met die menswat vrygewig is en uitleen,wat sy sake in billikheid bedryf.

6. Die regverdigesal nie struikel nie,en sal altyd onthou word.

7. Vir slegte tydingis hy nie bang nie:hy is gerus, hy vertrou op die Here.

8. Hy voel veilig en is sonder vreesen sien die neerlaag van sy vyand.

9. Hy gee ruim vir hulle in nood.Sy goeie dade word altyd onthou.Hy sal aansien hê en eer ontvang.

Lees volledige hoofstuk Psalms 112