Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 111:3-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Heerlik en vol majesteit is sy werke.Sy geregtigheidhou vir altyd stand.

4. Sy wonders sal altyd onthou word.Genadig en barmhartig is ons Here!

5. Hy voed hulle wat Hom dien;Hy onthou altyd sy verbond.

6. Hy het sy kragtige dadeaan sy volk getoondeur die land van ander nasiesaan hulle te gee.

7. Alles wat Hy doen, is waar en reg,en al sy voorskrifte is betroubaar.

8. Hulle is vir altyd geldig,en met trou en opregtheidmoet dit gehoorsaam word.

9. Hy het ’n losprys vir sy volk betaal,en sy verbond vir altyd gewaarborg.Heilig en ontsagwekkend is sy Naam!

10. Eerbied vir die Hereis die begin van wysheid.Dié wat sy voorskrifte navolg,het goeie insig.Hy sal vir altyd geprys word!

Lees volledige hoofstuk Psalms 111