Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:4-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. As antwoord op my liefdeis hulle my aanklaers,en dit terwyl ek vir hulle bid!

5. Hulle vergeld my kwaad vir goeden haat vir die liefde wat ek gee.

6. Stel ’n bose persoon aan teen homen ’n aanklaer aan sy regterkant.

7. Wanneer hy geoordeel word,laat hy skuldig bevind word,en sy gebede as sonde gereken word.

8. Laat sy dae min wees;laat iemand anders sy plek inneem.

9. Mag sy kinders wese worden sy vrou ’n weduwee;

10. mag sy kinders as bedelaars rondswerf,en kos soek tussen die bouvallevan hulle wonings.

11. Laat skuldeisers beslag lêop al sy besittings,en vreemdelinge alles vatwaarvoor hy hard gewerk het.

12. Mag niemand vir hom goed weesof sy weeskinders bejammer nie.

13. Mag al sy afstammelinge sterf,en hulle naamin een geslag uitgewis word.

Lees volledige hoofstuk Psalms 109