Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:26-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Help my, Here my God!Red my op grond van u troue liefde.

27. Laat hulle sien dat dit u werke is,dat U dit self gedoen het, Here.

28. Hulle vervloek my,maar U sal my seën!My aanvallers sal beskaam word,maar u dienaar sal bly wees!

29. Laat my aanklaersmet skande bekleed wees,toegewikkel in oneer soos met klere.

30. Ek sal aanhou om die Here te dank,Hom prys te midde van ’n menigte.

31. Want Hy staan langs die behoeftige,gereed om hom te redvan hulle wat veroordeel.

Lees volledige hoofstuk Psalms 109