Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:13-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Mag al sy afstammelinge sterf,en hulle naamin een geslag uitgewis word.

14. Mag die Here nooitsy voorouers se sondes vergeet nie;mag sy moeder se sondesnooit uitgevee word nie.

15. Laat hierdie sondes voortdurend voor die Here wees,maar laat sy kinders se nagedagteuitgewis worduit die geheue van mense.

16. Hy was nie goed vir ander mense nie,maar het die arm en behoeftige,ook dié wat moedeloos is,tot die dood toe vervolg.

17. Hy het daarvan gehou om te vervloek;laat hy dit nou self ervaar.Ander het hy nooit geseën nie;laat seën vir hom ook veraf wees.

18. Vervloeking was vir hom soos klere,soos water vir sy liggaam,soos olie vir sy beendere.

19. Mag sy vervloeking wees soos klere wat hy dra,soos ’n gordel wat hy altyd aanhet.

20. Mag dit die Here se beloningvir my aanklaers wees,vir hulle wat slegte dinge van my sê.

21. Maar mag U, oppermagtige Here,met my handel tot eer van u Naam!Red my, want u getrouheidis so goed.

22. Ek is arm en in nood,en my hart is hewig ontsteld binne-in my.

23. Soos ’n skadu wat lank word,so kwyn ek weg.Ek is soos ’n sprinkaan wat afgeskud word.

24. My knieë is swak omdat ek vas;ek is net vel en been.

25. Mense spot met my;as hulle my sien, skud hulle die kop.

26. Help my, Here my God!Red my op grond van u troue liefde.

27. Laat hulle sien dat dit u werke is,dat U dit self gedoen het, Here.

28. Hulle vervloek my,maar U sal my seën!My aanvallers sal beskaam word,maar u dienaar sal bly wees!

Lees volledige hoofstuk Psalms 109