Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. O God, vir wie ek prys,moenie stilbly nie,

2. want bose en vals mensekla my aanen vertel leuens oor my.

3. Hulle omring mymet woorde van wraaken sonder rede val hulle my aan.

4. As antwoord op my liefdeis hulle my aanklaers,en dit terwyl ek vir hulle bid!

5. Hulle vergeld my kwaad vir goeden haat vir die liefde wat ek gee.

6. Stel ’n bose persoon aan teen homen ’n aanklaer aan sy regterkant.

7. Wanneer hy geoordeel word,laat hy skuldig bevind word,en sy gebede as sonde gereken word.

8. Laat sy dae min wees;laat iemand anders sy plek inneem.

9. Mag sy kinders wese worden sy vrou ’n weduwee;

10. mag sy kinders as bedelaars rondswerf,en kos soek tussen die bouvallevan hulle wonings.

11. Laat skuldeisers beslag lêop al sy besittings,en vreemdelinge alles vatwaarvoor hy hard gewerk het.

12. Mag niemand vir hom goed weesof sy weeskinders bejammer nie.

13. Mag al sy afstammelinge sterf,en hulle naamin een geslag uitgewis word.

14. Mag die Here nooitsy voorouers se sondes vergeet nie;mag sy moeder se sondesnooit uitgevee word nie.

15. Laat hierdie sondes voortdurend voor die Here wees,maar laat sy kinders se nagedagteuitgewis worduit die geheue van mense.

16. Hy was nie goed vir ander mense nie,maar het die arm en behoeftige,ook dié wat moedeloos is,tot die dood toe vervolg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 109