Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 108:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Ek vertrou geheel en al op U, o God.Ek wil sing, ja, U heelhartig eer.

3. Word wakker, harp en lier!Ek wil die dagbreek wakker maak!

4. Voor die volke wil ek U prys, Here,onder die nasies wil ek u lof besing.

5. Want u trou is hoog bo die hemele,u waarheid reik tot in die wolke.

6. Wees verhewe tot bo die hemele, o God,en laat u heerlikheid erken wordoor die hele aarde.

7. Red ons met u krag en help onssodat U u geliefde volk kan red.

8. God het dit by sy heiligheid belowe:As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeelen die vallei van Sukkot uitmeet.

9. Gilead is Myne,en Manasse behoort aan My.Efraim sal my krygsmanne oplewer,en Juda my konings.

Lees volledige hoofstuk Psalms 108