Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 108:2-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Ek vertrou geheel en al op U, o God.Ek wil sing, ja, U heelhartig eer.

3. Word wakker, harp en lier!Ek wil die dagbreek wakker maak!

4. Voor die volke wil ek U prys, Here,onder die nasies wil ek u lof besing.

5. Want u trou is hoog bo die hemele,u waarheid reik tot in die wolke.

6. Wees verhewe tot bo die hemele, o God,en laat u heerlikheid erken wordoor die hele aarde.

7. Red ons met u krag en help onssodat U u geliefde volk kan red.

8. God het dit by sy heiligheid belowe:As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeelen die vallei van Sukkot uitmeet.

9. Gilead is Myne,en Manasse behoort aan My.Efraim sal my krygsmanne oplewer,en Juda my konings.

10. Moab sal my nederige dienaar worden Edom sal my slaaf wees.Oor Filistea juig Ekas oorwinnaar.

11. Wie sal my lei na die versterkte stad?Wie sal my na Edom toe bring?

12. Het U ons verwerp, o God?Gaan U, o God,nie saam met ons leërs opruk nie?

13. Help ons tog teen ons vyande,want menslike hulp is waardeloos.

14. Met God se hulp sal ons seëvier,want Hy sal ons vyande vertrap.

Lees volledige hoofstuk Psalms 108